Hoe om te lys

Hoe om jou Stalletjie of Mark te lys op die Tuinroete Stalletjies en Markte Gids

A. As jy een lysting wil lys volg die volgende stappe

:
1. Klik op “Skep Lysting” op die tuisblad

2. Aan die linkerkant van die bladsy klik op jou keuse – Stalletjie Eienaars Pakket of Mark Eienaars pakket.

3. Voltooi gebruikersnaam en wagwoord (kies wat jou die beste sal pas) en jou e-posadres.
4. Volgende is die titel van jou lysting. Ons stel voor dat dit ‘n unieke titel moet wees.Die naam van jou stalletjie sal ‘n goeie titel wees. Onthou jy sal ‘n url (webblad-adres) kry wat as volg sal wees: https://stalletjiesenmarkte.co.za/jou-stalletjie-naam . In die vervolg kan jy die url gebruik om besoekers na jou webblad te stuur op hierdie stalletjiegids. Dit kan ook op skryfbehoeftes soos besigheidskaartjies gebruik word.
5. Die volgende stap is die beskrywing.Ten minste 300 karakters. Die doel is om verbruikers in 3 of 4 paragrawe in te lig wat jy verkoop.

6. Sleutelwoorde: Maak seker dat die sleutelwoorde ook in die beskrywing verskyn. Sleutelwoorde soos die markte waar jy gaan wees en die produkte wat jy verkoop is baie belangrik. Elke sleutelwoord of sleutelwoordstring moet gevolg word deur ‘n komma.

7. Volgende stap: Jou webbladskakel. Indien jy nog ‘n webblad het buiten die gids, tik die webbladadres hier in. Gebruik die volgende formaat: http://mywebblad.co.za
Volgende is jou telefoonnommer soos volg: 072 107 4449

8. Katagorieë. Ons het probeer om al die katagorieë te inkorporeer.Kies ‘n maksimum van 6 katagorieë. Jy moet ten minste een mark kies. Vir jou produkte moet jy die toepaslike katagorieë kies. NB Indien ons nie ‘n katagorie geskep het vir die mark wat jy gaan bywoon of dalk nie ‘n kategorie vir jou produk geskep het nie , stuur vir ons ‘n e-pos of skakel ons op 072 107 4449 asseblief.

9. Fotos: Hier moet jy jou stalletjie of mark se fotos laai. Jy word toegelaat om 10 fotos te laai van jou produkte of mark. Ons probeer om die uitleg van die webblad eenvormig te hou en versoek jou om die fotos te laai in die formaat 640px x 480px.

10. Nadat jy die fotos opgelaai het, klik op die skakel dat jy jou neerlê by die terme en voorwaardes en druk “stoor”. Dit sal ‘n rukkie duur voor dit gereed is. Nadat die lysting gelaai is sal jy die geleentheid kry om dit deur te gaan. As jy tevrede is met jou lysting, moet jy daarvoor betaal deur middel van Payfast. Dit is ‘n veilige manier om aanlyn betalings te doen. Jou lysting sal geakteveer word nadat jy die betaling gedoen het.

B. Indien jy meer as een lysting het om te laai op die Directory

1. Klik op registreer aan die regterkant van die bladsy van die webblad. vul jou gebruikersnaam e-pos en wagwoord in. Lees dan die terme en voorwaardes – dit verklaar dat jy dit aanvaar. Kies die lidmaatskap pakket en klik op registreer.
2. Sleutel in op jou rekening. Jy moet jou gebruikersnaam en wagwoord ken.
3. Doen die betaling deur middel van Payfast.
4. Klik nou op “My rekening” aan die linkerkant van die bladsy.
5. Vul in jou besonderhede op die vorm. NB Voltooi slegs die wagwoord gedeelte indien jy jou wagwoord wil vernader. Onthou om “Stoor Lysting” te druk as jy seker is al die inligting is korrek.
6. Om ‘n nuwe lysting op te laai, klik aan die regterkant se “menu” op rekening opsies “Nuwe lysting” en begin oplaai
7. Jy hoef nie vir elke afsondelike lysting te betaal nie, omdat jy ‘n lidmaatskap- pakket gekoop het.