Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Die Goods Shed

Binneshuise Vlooimark in Mosselbaai

Die Goods Shed in Mosselbaai is die grootste binneshuise vlooimark in die Suidkaap. Die Goods Shed bied ‘n unieke inkopie ervaring met meer as 80 stalletjies om van te kies. Bring jou gesin en kom besigtig die stalletjies onder een dak, met ander woorde die weer speel geen rol nie. Daar is iets vir elkeen. Die Goods Shed het ‘n OTM, genoegsame parkering, parkering vir busse vir beide skool en toergroepe. Die badkamers is ook onlangs opgegradeer en die vloere is oorgedoen.

Inkopies in Mosselbaai

By die Goods Shed in Mosselbaai sal jy ‘n groot aantal stalletjies vind soos : ‘n restaurant, kuns en kunsvlyt, krale om juweliersware van te maak, lekkers en tuisgemaakte fudge, Koreaanse klerasie ingevoer vanaf Korea, verskeie handgemaakte artikels, fotografie, geskenke, speelgoed, scrapbooking, mode items, sokkies, alwynprodukte, natuurlike en leerprodukte, juweliersware, klerasie en toebehore, biltong, Annique skoonheidsmiddels, boeke, koffie en speserye, keramiek bakke en messe, gom, artikels van skulpe en nog vele meer.

Geskenke, kunsvlyt en ander stalletjies by die Goods Shed mosselbaai

Geniet iets om te drink of ‘n ligte ete by die restaurant terwyl die kinders hulself vermaak by die junglegym. Die Goodshed is die ideale plek vir ‘n gesinsuitstappie of wanneer jy iets uniek soek as ‘n geskenk vir iemand of selfs net ‘n spesifieke produk.

Handelsure:
Hoog seisoen: 7 dae per week vanaf 09h00 tot 18h00
Buite seisoen: Dinsdae tot Saterdae vanaf 09h00 tot 17h00
Sondae: vanaf 09h00 tot 14h00
Junie/Julie skoolvakansie: 7 dae per week vanaf 09h00 tot 17h00

Tel: 044 690 5358 (kantoorure 9h00 – 13h00)
Adres: Hoek van Bland en Mitchellstraat, Mosselbaai