Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer
Die Sokkietannie
Die Sokkietannie is welbekende stalletjie wat op verskeie markte en feeste te kry is in Suid Afrika. Die Sokkietannie is al in besigheid met die sokkie stalletjie vir die afgelope 20 jaar en het ‘n gereelde stalletjie by die Hartenbos Boeremark. By die Sokkie Tannie stalletjie sal jy ‘n groot verskeidenheid sokkies te koop kry wat wissel van gewone sokkies tot sokkies vir diabete, sport sokkies en “funky” sokkies.
Kaartfasiliteite is beskikbaar by al Die Sokkietannie Stalletjies vir die gerief van hul kliente.
Sport Sokkies te koop in Hartenbos
Die Sokkie Tannie is die verskaffer van goeie kwaliteit, dog bekostigbare sokkies. Die sokkies is nie net vir wanneer dit koud is nie, maar ook vir sport soos rugby, netball, hokkie, rolbal ens. Besoek die Sokkie Tannie stalletjie vir sport sokkies of ander sokkies.
Sokkies beskikbaar in Hartenbos
• “Novelty Socks”
• Los Top Sokkies
• Toonsokkies
• Dames Sokkies
• Kniesokkies
• Oor-die-knie Sokkies
• Manssokkies
• Enkelsokkies
• Sportsokkies
• wintersokkies
• “Legwarmers”
Moenie deur jou nek betaal om jou tone toe te hou nie!
Hartenbos Boeremark by die at Carneygebou naby die Hartenbos Seefront.