Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Groot Brakrivier Uitspan Mark

Groot Brakrivier uitspanmark te Groot Brakrivier op die N2 tussen Mosselbaai en George in die pragtige parkgebied langs die Groot Brakrivier oorkant Pick-a-Pay,het seker nie bekendstelling nodig nie. Die mark wat gewoonlik op die eerste Saterdag van elke van elke maand gehou word,bestaan reeds meer as 20 jaar. Dit is een van die oudste markte in die Mossebaai distrik en beloof om nog vir lank uitstalruimte aan uitstallers te bied.
Markdae val gewoonlik saam met die dae waarop daar gewoonlik veilings reg oor die straat van die mark gehou word.Die teenwoordigheid van ‘n veiling trek natuurlik ook meer voeteen kan moskien as ‘n addisionelebonus gesien word.Vakansietye word van die reël afgewyk waneer elke Saterdag ‘n mark gehou word.
Die atmosfeer is heel lekker op die markdae. Daar word lekker musiek gemaak en die eetgoed is nogal van hoë gehalte. Soms is daar ongeveer 100 uitstaller, wat beslis ‘n lekker tydverdryf bied.

Groot Brakrivier Uitspanmark Datums

Die Groot Brakrivier Uitspan Mark is oop vanaf 08H00 tot 13H00.
Markdae is op die eerste Saterdag van elke maand en in Desember is daar elke Saterdag ‘n mark in Groot Brakrivier
2 September 2017
7 Oktober 2017
4 November 2017
2, 9,16,23,30 Desember 2017
6 Januarie 2018
Kontakpersoon is Melanie by 072 837 8803 of 044 695 2331
Telefoon 044 695 2331
Land South Africa
Provinsie Western Cape
afstand: 9,510 kilometer
Adres 1 Stasie Rd, Bergsig, Groot Brakrivier, 6525, South Africa
Kategorie