Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Hartenbos Boeremark Wit Olifantstalletjie

Wit Olifantstalletjie in Hartenbos

Die Hartenbos Boeremark het ‘n groot aantrekkingskrag geword vir plaaslike inwoners, sowel as besoekers aan die area. Die wit olifantstalletjie verkoop ‘n wye reeks goeie gehalte gebruikte items soos gereedskap,  huishoudelike items, driebeen en platboom swart potte, emaljeware, ou strykysters, koffie en vleismeule, braaitoerusting, selfs draadkarre – alles teen baie billike pryse. Groot getalle mense besoek die stalletjie op soek na winskopies.

Bekostigbare en kwaliteit gebruikte items te koop in Hartenbos

Die Hartenbos Boeremark vind plaas elke tweede Saterdag en elke laaste Saterdag van die maand. Tye wissel – wintertye is van 9h00 tot 14h00 en somer 08h00 tot 14h00. Julie en Desember skoolvakansies is dit elke Saterdag.  Desember is die mark by die Amfiteater in Hartenbos.

Koop van Tweedehandse Gebruiksartikels in en om Mosselbaai

Of jy jou huis opgee of na ‘n kleiner eenheid trek of bietjie “spring cleaning” doen, die wit olifant stalletjie is die plek  om te kontak. Hulle koop en verkoop groot hoeveelhede tweedehandse gebruiksartikels by hul stalletjie by die Hartenbos Boeremark. Kontak hulle om ‘n afspraak te maak sodat hulle jou ware kan kom besigtig by jou perseël en vir jou ‘n aanbod maak daarvoor. LW. Geen groot artikels soos bv. meubels word aangekoop nie
As jy weer in die Hartenbos omgewing is, kom maak gerus ‘n draai by die Hartenbos Boeremark en besoek  verseker die Wit Olifantstalletjie.
Kontak vir  Danie 082 900 7302 of Nauda 082 771 5021