Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Hartenbos Boeremark

Boeremark in Hartenbos

Die Hartenbos Boeremark is ‘n gewilde mark in Hartenbos. Die mark het sy ontstaan gehad in 1996 en is begin deur Marieta Bezuidenhout met aanvanklik 10 stalletjies by die Hartenbos biblioteeksaal. Gou het die mark so gegroei dat dit moes skuif na Blok F karavaanpark, toe na die Walvissaal en huidiglik word dit elke tweede Saterdag en en elke laaste Saterdag van die elke maand by die Carneygebou  in hartenbos gehou.

Stalletjies by Hartenbos Boeremark

Die Hartenbos Boeremark is nou een van die gewildste markte en spog met sowat 100 stalletjies. Die stalletjies bied ‘n groot reeks kosstalletjies, kunsstalletjies, juweliersware, boeke, speelgoed, tuintoebehore tot handgemaakte meuels en ander hout items sowel as ‘n wit Olifant stalletjie waar mens beslis daardie n winskoop kan raakloop en nog vele ander stalletjies.
Kom geniet ‘n ontspanne oggend by die Hartenbos Boeremark met sy groot aantal stalletjies, musiek en heerlike kos wat te koop aangebied word. ‘n Besoek aan die Hartenbos Boeremark is die ideale Saterdagoggend uitstappie. Daar is genoeg parkering, ablusieblok en troeteldiere aan leibande is ook welkom.

Opkomende Markdatums:

26 Augustus vanaf 09h00 tot 14h00  by die Carneygebou
9 September vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
30 September vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
14 Oktober vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
28 Oktober vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
11 November vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
25 November vanaf 08h00 tot 14h00 by die Carneygebou
2 Desember – aandmark vanaf 14h00 tot 21h00 by die Carneygebou
Desembermarkte by die Amfiteater Hartenbosval is op die 9 de, 16 de , 23 ste , 30 ste Desember vanaf 08h00 tot 14h00
kontak persone: Charles:  082 852 1733         Nauda: 082 771 5021
Telefoon 0827715021
Land South Africa
Provinsie Western Cape
afstand: 9,518 kilometer
Adres 40 Kaap De Goede Hoop Ave, Hartenbos, Mossel Bay, 6520, South Africa
Kategorie
Sleutelwoorde