Mezzo Koffiestalletjie
Saterdagoggende is die tyd om alles wat die stalletjies-eienaars aanbied te kom besigtig en te koop en ‘n heerlike die oggend deur te bring met die gesin of vriende.
Goeie Kwaliteit Koffie by die Outeniqua Familiemark
Vir ‘n heerlike koppie koffie tydens jou besoek aan die Outeniqua Familiemark, besoek ons gewilde Mezzo koffiestalletjie. Ons nooi jou graag om by ons tafels met vriende of familie te kuier oor ‘n stomende koppie geurige koffie. Jy is ook welkom om jou etes te geniet wat jy by een van die stalletjies gekoop het.
‘n Besoek aan die Outeniqua Familiemark is beslis die moeite werd!
Ons bied ‘n verskeidenheid tipes Peacock koffies aan om van te kies soos:
- Regte Italiaanse Espresso
- Kwaliteit filterkoffie
- Americano
- Cappucino
- Kondensmelkkoffie
‘n besoek aan Mezzo Koffiestalletjie rond jou kuier by die mark behoorlik af.
Kontak Manie by 083 749 7474 vir enige verdere Inligting oor die Mezzo koffiestalletjie.
Los kommentaar