Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Mosselbaai Familie Plaasmark

Mosselbaai Familie Plaasmark

As jy op soek is na ‘n buitelug aktiwiteit in die Hartenbos area waar jy inkopies kan doen terwyl die kinders veilig kan speel, is die Mosselbaai Familie Plaasmark die antwoord. Die mark bied besoekers ‘n reeks stalletjies wat wissel van vars produkte, kosstalletjies, plante en tuinbenodigdhede, kuns en kunsvlyt, geskenke en plaaslike wyne en vele meer. Die mark word aangebied op Sondae van 8vm tot 2nm. Die mark is gelisensieerd en bied ‘n kroeg asook stalletjies wat plaaslike wyn verkoop.

Vermaak vir kinders by die Mosselbaai Familie Plaasmark

Die Mosselbaai familie plaasmark bied ‘n jungle gym, sandput en diere aanraak plaas en groot speelgronde. Ouers is welkom om hul kinders se fietse te bring warop die kinders kan rond ry terwyl die ouers iets eet en drink. Wat is geselliger as om te sien jou kinders geniet hulself terwyl jy koffie drink of saam met hulle ‘n buitelug middagete kan geniet.

Venue vir funksies in Hartenbos

Die Mosselbaai Familie Plaasmark is die ideale plek om jou kind se verjaardagpartytjie te hou of selfs ‘n jaar-eindfunksie, spanbougeleentheid, hondeskou of wat ook al die geleentheid is. Hier is genoeg parkering, groot gronde vir die kinders om te speel, krag en sitplek vir enige okasie. Kontak ons vir meer inligting.

Uitstalruimte beskikbaar vir stalletjiehouers by die Mosselbaai Familie Plaasmark

 Of jy ‘n uitstaller is van kuns en kunsvlyt produkte of jy ‘n kosstalletjie het of ander unieke produkte, kontak ons gerus om hier te kom uitstal teen minimale koste en daar is geen kommissie betaalbaar nie. Die mark bied onderdak stalletjie ruimte of jy kan jou eie gasebo opstel.
Webbladskakel Besoek webbladl hier
Telefoon +27 82 601 9936
Land South Africa
Provinsie Western Cape
afstand: 9,516 kilometer
Adres N2, Hartenbos, Mossel Bay, 6520, South Africa
Kategorie
Sleutelwoorde