Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer
Ons Braai
Ons Braai Produkte
Ons braai is ‘n eg Suid Afrikaanse produk vir Suid Afrikaanse braai-geesdriftiges. Ons Braai is egter nie slegs vir Suid Afrikaners nie, maar vir braai entoesiaste reg oor die wêreld. Almal kan braai, manlike sowel as vroulikebraaiers, die jonger geslag asook die ouer garde. Ons Braai produkte is beskikbaar by die Hartenbos Boeremark, asook aanlyn.
Ons Braai T-hemde
In die Ons Braai reeks is daar 7 ontwerper om van te kies. Die dames snit en die unisex T-hemde is beskikbaar. Kies die ontwerp waarvan jy hou, die kleur en die grootte. Ons braai T-hemde is beskikbaar @ R180 elk.
Dames groottes: Klein, Medium, Groot, X-Groot en 2X-Groot
Unisex groottes: Klein, Medium, Groot, X-Groot, 2X-Groot en  3X-Groot.
Beskikbaar in Wit, Pienk, Swart en Blou.
Ons Braai Pette
Ons Braai Pette is tans beskikbaar in “Ek wil – Ek kan – Ek sal – Ek gaan Braai” ontwerp.
Daar is Swart en Blou pette en die pette is – “one size fits all” Dis ‘n ideale geskenk en is beskikbaar @ R80 elk.
Ons Braai Dekorborde
Ons Braai dekorborde is van soliede hout gemaak en met die hand geverf en geteken. Die Borde is tans slegs aanlyn beskikbaar en nie by die Hartenbos Boeremark beskikbaar nie. Kontak ons om ‘n bestelling te plaas en om reëlings te tref vir gratis aflewering tussen George en Mosselbaai.
Die Volmaakte Naweek @ R120 elk
Die Volmaakte Week  @ R250 elk
Ons Braai – Reëls @ R150 elk
My Braai  @ R40 elk
Spaar Krag @ R40 elk
Ons Braai is in George en gratis aflewering van die produkte in George, Hartenbos en Mosselbaai kan gereël word. Aflewering van die produkte buite die genoemde areas kan ook gereël word – kourierkoste of posgeld vir jou eie rekening.