Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Outeniqua Familie Mark

Die Mark met Goeie Kos en Prettige Tye.

Die Outeniqua Familie Mark wat is geleë aan die buitewyke van George oorkant die Garden Route Mall, is die plek waar vriende Saterdae vanaf 8 tot 2 uur bymekaar kom vir ‘n heerlike ontspanne en prettige oggend.  Die mark bied heerlike kos, iets om te drink, lewendige musiek en talle stalletjies vir ‘n unieke inkopie-ervaring. Daar is voldoende veilige parkering, skoon ablusiegeriewe en voldoende onderdak area waar jy kan smul aan die heerlike kos en iets om te drink.
Kunsstalletjies, Groentestalletjies en sefs die lekkerste kosstalletjies
Die mark bied meer as 200 stalletjies wat kuns, handwerk, plante, vars produkte, kos, koeldrank, koffie en tee en baie ander insluit.Die Mark bied kunsstalletjies, kosstalletjies, koffiestalletjies, stalletjies vir tuinbenodighede groente en vrugtestalletjies, geskenkstalletjies, dekorstalletjies om maar ‘n paar te noem. Die aroma van koffie en watertand kosse sal jou gou lekker honger maak.
Hou Kinders besig met Opvoedkukdige Aktiwiteite
Vir die kinders is daar ook voorsiening gemaak. Hulle kan  op die boeretrein ry, asook elektriesekarre en vele meer. Sandkuns of te wel “Sand-art” is ook baie gewild onder die kinders. In die skadu van die bome is daar tafels en bankies waar hulle die bekende slangetjies en leertjies, ludo en ander bordspeletjies kan speel. Selfs volwassenes geniet die bordspeletjies.
Die Outeniqua Familie Mark het geopen in November 2011 en het sedertdien baie uitgebrei en ‘n baie gesogte mark geword – een van die gewildste aan die Tuinroete.  Outeniqua beteken – die land waar heuning vandaan kom. Vandag beteken dit die land waar heuning, kaas, groente, pasteie, koek, vrugte en ander heerlike kosse vandaan kom.
Besoek gerus die Outeniqua Familie Mark vir lekker stalletjiedrentel en ‘n onvergeetlike buitelug inkopie-ervaring.

Kontak Karen Cremer 071 367 0572
Webbladskakel Besoek webbladl hier
Telefoon 071 367 0572
Land South Africa
Provinsie Western Cape
afstand: 9,507 kilometer
Adres N12 & N2 & N9, South Africa
Kategorie
Sleutelwoorde