Kontakvorm Gunstelinge Druk Deel Rapporteer

Pietz Petz Creationz

Pietz Pets Creationz verskaf kwaliteit handgemaakte staanders vir kosbakke vir beide klein en groot honde en katte.
Ons het ‘n wye reeks handgemaakte staanders met vlekvrye Staal kosbakke vir jou troeteldiere.
Daar is goeie redes waarom dit raadsaam is om jou troeteldiere se kosbakke te lig van die grond af. Hier is ‘n paar van die redes:
  • Dit word aanbeveel vir groter honde soos Great Danes, Duitse Herdershonde en ook honde met sekere mediese kondisies.
  •  help beweging van water en kos aan vanaf die hond se mond na die maag.
  • plaas minder druk op die hond se nek, heupe, skouers en gewrigte wat ‘n beter postuur kan verseker-  veral by ouer honde en honde met artritis.
  •  hou die voedingsarea waar die hond eet skoon, hou insekte soos miere makliker uit die bakke en dit is makliker om skoon te maak.
  •  Dit help om in slegs een plek te eet. Los bakke op die vloer skuif baie maklik rond.
  •  Maak dit maklik vir die eienaar met ‘n slegte rug! Jy hoef nie so laag te buk om kos en waterbakke vol te maak nie!
Kontak my gerus vir ‘n gratis kwotasie.  Die staanders word op bestelling gemaak volgens jou spesifikasies.  Ons lewer landswyd af per koerier.