Hoe om te lys

Inligting: Om Jou stalletjie of mark hier te lys is gratis. indien jy nie die stalletjie self wil laai nie, kan jy vir ons die inligting soos fotos en beskrywing per epos stuur en ons sal dit laai teen ‘n koste van R200.00

Die inligting van marklystings of stalletjielystings moet deur die eienaar van die lystings self opgedateer word wanneer nodig. Tuinroete Stalletjies en Markte neem geen verantwoordelikheid vir verkeerde inliting nie. As jy dit nie self kan doen nie, kontak ons vir ‘n kwotasie.

Bonus: Nadat jou lysting op hierdie webwerf goedgekeur is, mag jy ook op die facebook bladsy https://www.facebook.com/gardenroutestalls/ jou produk adverteer. Let Wel om die blad skoon te hou sal  alle advertensies eers goedgekeur moet word.

Hoe om jou Stalletjie of Mark te lys op die Tuinroete Stalletjies en Markte Webwerf

A. As jy een lysting wil lys volg die volgende stappe

:
1. Klik op “Laai Jou Stalletjie/ Mark” op die tuisblad
2. Klik op jou keuse – Mark Lysting of Stalletjie Lysting. NB. Hierdie opsies is net vir een lysting per epos adres. As jy meer as een stalletjie het per epos adres, kies die lidmaatskap pakket.
3. Voltooi gebruikersnaam en wagwoord (kies wat jou die beste sal pas) en jou e-posadres.
4. Volgende is die titel van jou lysting. Ons stel voor dat dit ‘n unieke titel moet wees.Die naam van jou stalletjie sal ‘n goeie titel wees. Onthou jy sal ‘n url (webblad-adres) kry wat as volg sal wees: https://stalletjiesenmarkte.co.za/jou-stalletjie-naam . In die vervolg kan jy die url gebruik om besoekers na jou webblad te stuur op hierdie stalletjiegids. Dit kan ook op skryfbehoeftes soos besigheidskaartjies gebruik word.
5. Die volgende stap is die beskrywing.Ten minste 300 karakters. Die doel is om verbruikers in 3 of 4 paragrawe in te lig wat jy verkoop.
6. Sleutelwoorde: Maak seker dat die sleutelwoorde ook in die beskrywing verskyn. Sleutelwoorde soos die markte waar jy gaan wees en die produkte wat jy verkoop is baie belangrik. Elke sleutelwoord of sleutelwoordstring moet gevolg word deur ‘n komma.
7. Volgende stap: Jou webbladskakel. Indien jy nog ‘n webblad het buiten die gids, tik die webbladadres hier in. Gebruik die volgende formaat: http://mywebblad.co.za
Volgende is jou telefoonnommer soos volg: 072 107 4449
8. Kategorieë: Ons het probeer om al die kategorieë te inkorporeer. Kies ‘n maksimum van 6 kategorieë. Jy moet ten minste een mark kies waar jy gereeld uitstal. Vir jou produkte moet jy die toepaslike kategorieë kies. NB Indien ons nie ‘n katagorie geskep het vir die mark wat jy gaan bywoon of dalk nie ‘n kategorie vir jou produk geskep het nie, stuur vir ons ‘n e-pos of skakel ons op 072 107 4449 asseblief.
9. Fotos: Hier moet jy jou stalletjie of mark se fotos laai. Jy word toegelaat om 10 fotos te laai van jou produkte of mark. Ons probeer om die uitleg van die webblad eenvormig te hou en versoek jou dus om die fotos te laai in die formaat 640px x 480px.
10. Nadat jy die fotos opgelaai het, klik op die skakel dat jy jou kan vergewis van die terme en voorwaardes en druk “stoor”. Dit sal ‘n rukkie duur voor dit gereed is. Nadat die lysting gelaai is sal jy die geleentheid kry om dit deur te gaan.

B. Indien jy meer as een lysting het om te laai op die webwerf

1. Klik op registreer aan die regterkant van die bladsy van die webblad. Vul jou gebruikersnaam e-pos en wagwoord in. Lees dan die terme en voorwaardes – dit verklaar dat jy dit aanvaar. Kies die lidmaatskap pakket en klik op registreer.
2. Sleutel in op jou rekening. Jy moet jou gebruikersnaam en wagwoord ken.
3. Klik nou op “My rekening” aan die linkerkant van die bladsy.
4. Vul  jou besonderhede in op die vorm. NB Voltooi slegs die wagwoord gedeelte indien jy jou wagwoord wil verander. Onthou om “Stoor Lysting” te druk as jy seker is al die inligting is korrek.
5. Om ‘n nuwe lysting op te laai, klik aan die regterkant se “menu” op rekening opsies “Nuwe lysting” en begin oplaai